Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Geert Hofstede | |
Geboortenaam | Gerard Hendrik Hofstede |
---|---|
Gebore | 3 Oktober 1928 Haarlem, Nederland |
Burgerskap | Nederlands |
Nasionaliteit | Nederlands |
Vakgebied | Kommunikasie |
Instelling(s) | Universiteit van Maastricht Tilburg-universiteit |
Alma mater | Delft Tegniese Universiteit |
Bekend vir | Organisasiekultuur, Kulturele ekonomieen bestuur |
Toekennings | Orde van die Nederlandse Leeu |
Geert Hofstede (3 Oktober 1928 te Haarlem, Nederland) is ’n invloedryke Nederlandse navorser in die studieareas van organisatoriese studies en meer konkreet organisasiekultuur asook kulturele ekonomie en bestuur.[1] Hy is welbekend in sy navorsing van kruis-kulturele groepe en organisasies en het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van ’n sistematiese raamwerk vir die assessering en differensiëring van nasionale kulture en organisasiekulture. Sy studies het aangetoon dat daar nasionale en streekskultuurgroepe is wat die gedrag van gemeenskappe en organisasies beïnvloed. Sy belangrikste werk was die ontwikkeling van die teorie van kulturele dimensies. Hy is bekend vir sy boeke Die gevolge van kultuur en Kulture en organisasies: sagteware van die brein, wat hy saam met sy seun, Gert Jan Hofstede geskryf het.[2][3]
Met sy aftrede in 1993 het Hofstede baie universiteite regoor die wêreld besoek om studente op te lei in sy teoretiese benaderings en om sy navorsing in hierdie studiearea voort te sit. Hy is tans emeritus professor in organisatoriese antropologie en internasionale bestuur aan die Universiteit van Maastricht in Nederland en dien ook as buitemuurse genoot aan die Sentrum vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit van Tilburg in Tilburg, Nederland.[4]
{{cite book}}
: Onbekende parameter |coauthors=
geïgnoreer (hulp)